MOSSELBAAI NUUS - Nege leerders van Laerskool Park het vanaf 30 Junie tot 3 Julie in Kaapstad aan die PSI South Nationals binnenshuise-hokkietoernooi deelgeneem.
Joe Alberts het saam met die o/11-seunsspan as nasionale wenners uit die stryd getree.
Kaylee van Rensburg, Cecilia Visagie, Kemilke van Zyl, Cara Brönn en Allegra Kuhn Swanich het die o/11-meisiespan verteenwoordig en 'n algehele sesde plek behaal.
Die o/12-meisies van Laerskool Park wat aan die toernooi deelgeneem het, is Livia Gericke, Anri Smuts en Monique Bronner.
Laerskool Park-leerder, Joe Alberts in aksie op die hokkiebaan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'