MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Laerskool Park verwelkom met ope arms sy nuwe skoolhoof, dr André Smith.
Dr Smith, wat oorspronklik van Laerskool Jordania op Bethlehem kom, het reeds 'n indrukwekkende loopbaan as leier in die onderwys en bring 'n skatkis van ondervinding en toewyding aan die onderwys met hom saam.
Die Eden- en Karoodistrik se kringbestuurder, Rozelle Smith-Neethling, het die departement van onderwys se ondersteuning aan dr Smith oorgedra met sy verwelkoming op 2 Oktober.
Lang geskiedenis
Laerskool Park het 'n lang geskiedenis van akademiese uitmuntendheid en sportprestasies.
Met die nuwe leierskap hoop Park om dié tradisie voort te sit en verder uit te bou.
Met sy eerste saalbyeenkoms het hy die leerders bewusgemaak van die skool se nuwe 100% Parkie-motto, wat die waarde van toewyding, harde werk en trots op die skool beklemtoon.
Motto
Dr Smith het die belangrikheid van dié motto verduidelik en leerders aangemoedig om hul volle potensiaal na te streef.
Die leerders het met opgewondenheid op dr Smith se boodskap gereageer.
Inspirerende invloed
Dit is duidelik dat sy leierskap en visie 'n inspirerende invloed op die skool se gemeenskap sal hê, het 'n woordvoerder vir Park gesê.
Positiewe omgewing
Dr Smith se fokus op ontwikkeling en sy vermoë om 'n positiewe omgewing te skep, beloof om 'n groot invloed op die skool en sy leerders te hê.
"Laerskool Park sien daarna uit om onder sy leiding voort te bou met die ontwikkeling van 'n ondersteunende en stimulerende leeromgewing. Welkom aan dr André Smith, sy vrou, Rosa, en hul seuns Anro en MC."
Dr André Smith en sy familie.
Rozelle Smith-Neethling en dr André Smith.
Dr André SmithOns bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus.