Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Ons moet weet waar ons vandaan kom. Ons moet weet waarheen ons op pad is.
Dít is die boodskap in kort, wat oorgedra is met die puik produksie van Iewers Elders, opgevoer deur Laerskool Park in 'n treffende weeklange revue uit die pen van Marianna Brandt.
Treffende storielyn
Na elke einde, is daar 'n nuwe begin en dié treffende storielyn is in 'n baie kort tydjie skitterend verwerk onder leiding van Terina Bauermeister. Personeel, leerders en ouers het almal saamgewerk om 'n besondere visuele ervaring aan die gehoor te bied.
"Benewens die positiewe boodskap van hoop, wat soos 'n goue draad deur die storielyn loop, het die uitstekende musiekkeuses die gehoor emosioneel aangeraak en met die asemrowende kostuums gesorg vir 'n verrykende ervaring," het 'n Park-woordvoerder gesê.
Hoofseun
Die hoofseun, Luan Augustyn, het die aand geopen met 'n aanhaling van Jonathan Huie: "Celebrate endings – for they precede new beginnings."
'n Resensie wat ontvang is, het die hele produksie mooi opgesom.
"Tonight's school production, Iewers Elders, presented by Laerskool Park, was amazing! This performance exceeded all expectations and truly stands out as the best school production I have ever seen."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’