Die besondere ontwerp van die vorige omheining is uiters moeilik bekombaar, maar na baie navorsing is 'n maatskappy opgespoor om 'n nuwe omheining te giet so na as moontlik aan die oorspronklike.
Raadsheer Nicky Lodewyks, aan wie se inisiatief die opgraderingswerk in die park te danke is, het met behulp van 'n vriend en personeel van die Parke-afdeling, self die installasie van die heining gedoen en is baie tevrede met die eindproduk.
Die park is tans pragtig na die goeie reens. Spesifiek die dieretuin is 'n besoek werd waar pragtige, kleurvolle papegaaie en ook ander diere besigtig kan word.
Toegang is gratis en danksy die aanwesigheid van sekuriteitspersoneel, is dit 'n baie veilige besoekpunt vir ma's met kinders en ook ideal vir skooluitstappies.
Só het die dammetjie gelyk voordat dit opgeknap is.Hier is Raadsheer Nicky Lodewyks (regs) saam met Johan Claassen van die Parke-afdeling by die eindproduk.

Hier is Raadsheer Nicky Lodewyks (regs) saam met Johan Claassen van die Parke-afdeling by die eindproduk.