MOSSELBAAI NUUS - Op Vrydag, 2 April is Outisme-dag wêreldwyd gedenk.
Outisme is 'n toestand wat die ontwikkelende kinderbrein affekteer en in drie areas probleme veroorsaak. Dit sluit in kommunikasie, sosiale interaksie en die verbeeldingswêreld.
Vroeë waarskuwingstekens van die toestand sluit in kinders wat nie op hulle naam reageer nie, stadige of atipiese taalontwikkeling, atipiese interaksie met hul portuurgroep en stereotipe bewegings. Dit is van groot belang dat alle kinders met gevaartekens vroeg verwys word vir evaluasie, want vroeë ingryping kan keer dat outisme die normale ontwikkeling nog meer ontwrig.
Terapeute en onderwysers wat spesialiseer in outisme-spesifieke behandeling speel hier 'n kritiese rol.
Bron: http://www.rietfontein-suid.ng.org.za - Dr. D.J. Griessel - Ondervoorsitter Outisme Suid-Afrika.
*Lees gerus volgende week in die Mossel Bay Advertiser van 'n fees wat plaaslik gehou gaan word te bate van Outisme.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'