TUINROETE NUUS - Die bekende oud-soldaat en skrywer, Wynand du Toit en Mosselbaaier, William Sam, wat onlangs sy boek, My loopbaan as 'n bruin soldaat bekend gestel het, het gedurende die naweek saam 'n gespreksplatform gedeel.
Sam se boek handel oor sy wedervaringe tydens die destydse bosoorlog. Du Toit het bekendheid verwerf toe hy 'n krygsgevangene in Angola was tydens die bosoorlog.
Hy het reeds verskeie boeke die lig laat sien.
Die oud-soldate het op Oudtshoorn opgetree waar hulle tydens 'n byeenkoms met ander militêre veterane gesels het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'