Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Een van die besienswaardighede van die Dias Museum in Mosselbaai is die etno-botaniese tuin wat die geboue binne die kompleks omring.
Stap 'n mens deur die tuin, sien jy nie net die plante en bome nie, maar ook die komplekse diversiteit van diere, voëls en insekte.
Een van die diere in die tuin trek gewoonlik baie aandag. Dít is 'n ou skilpad wat van tyd tot tyd uit die beboste area kom en rustig op die groen grasperk kom vreet.
Niemand weet hoe die skilpad sy weg gevind het na die kompleks nie, maar volgens personeel was daar in 'n stadium selfs meer skilpaaie.
Hoewel die skildpad se ouderdom egter onbekend is, is hy al 'n paar jaar daar. Skilpaaie behoort tot die orde chelonia van die klas reptilia. Al die landskilpaaie van Suid-Afrika behoort tot die suborde cryptodira en die familie testudinidae.
Te ete is daar genoeg en hoewel die meeste skilpaaie plante vreet, eet sommige skilpaaie ook slakke, naakslakke, wurms, duisendpote en verskeie insekte.
Buiten ou Skillie, is daar ook 'n klomp eende wat hulself van tyd tot tyd in die museum se tuin kom gemaklik maak. Verskeie voëls benut ook die welige plantegroei. Ook insekte is daar meer as genoeg, mits jy die tyd maak om fyner as net die uitstallings binne die museum te kyk.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'