Die verdagte, die 31-jarige Gerhard Meyer, word van die moord op Emmerentia October aangekla. October is vermoedelik in Augustus verlede jaar vermoor.
'n Nadoodse ondersoek het aangedui dat sy verwurg is. Meyer se pa het op die grufonds afgekom na 'n verstopping in sy dreinsisteem. Hy het die deksel van die mangat in Standerstraat opgelig en die liggaam gesien.
October was reeds besig om te ontbind toe sy gevind is.
- Liggaam in mangat: Man in hof
- Opvolg: Liggaam in Groot-Brakrivier gevind
- Liggaam in Groot-Brakrivier gevind
Meer inligting volg soos dit bekend word.