Update
MOSSELBAAI NUUS - Daar is slegs tien dae oor voor vyf Mosselbaaiers teen mekaar sal meeding tydens die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjiekompetisie.
Vanjaar domineer vroue die kompetisie en uit die vyf finaliste is daar slegs een man.
Die finaliste is: Clarice Andries, Louis Pieterse, Jacolean West, Adele Cornelissen en Pauli Pretorius.
Die gewilde braaibroodjiekompetisie vind op 23 September by die Koswerf op Hartenbos plaas.
Inwoners is welkom om die geleentheid by te woon. Dit begin om 10:00 en sal tot ongeveer 13:00 duur.
Die Mossel Bay Advertiser bedank die volgende borge: Botlierskop vir ‘n wildsrit vir twee mense vir 3ure, Brink & De Bruin Oogkundiges vir ‘n Jeep-sonbril, ATKV Hartenbos vir twee aande se verblyf vir vier mense, Gastao’s vir ‘n geskenkpak, CP Craft Coffee Roasteries vir ‘n geskenkpak en Albert Wiffen vir ‘n bootreis vir twee op die Aquamarine. Voornemende borge kan Louise Karsten kontak by 072 599 8533.
Vorige artikels:
Clarice Andries
Pauli Pretorius
Jacolean West
Adele Cornelissen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’