MOSSELBAAI NUUS - Hier is hulle! Mosselbaai se braaibroodjie finaliste. Dit was omtrent 'n moeilike taak om die finaliste tussen die hordes inskrywings vir vanjaar se Mossel Bay Advertiser se braaibroodjiekompetisie te kies.
Boonop is daar slegs een manlike deelnemer vanjaar en is dit duidelik dat Mosselbaai se vroue nie vir 'n vuur skrik nie.
Die gewilde braaibroodjiekompetisie vind op 23 September by die Koswerf op Hartenbos plaas.
Groot pryse is op die spel en sluit onder meer 'n wildsrit van drie ure in by Botlierskop asook naweekverblyf geborg deur die ATKV.
Louis Pieterse
Jacolean West
Adele Cornelissen
Pauli Pretorius
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’