MOSSELBAAI NUUS - Sanger, skrywer, storieverteller en stylikoon Nataniël se gunsteling kos is 'n braaibroodjie. Nataniël het aan die Mossel Bay Advertiser gesê die perfekte braaibroodjie moet aan die binnekant gesmeer word met goeie mayonaise en dan slegs met tamatie en uie as vulsel gebraai word.
Hy verkies sy braaibroodjie met 'n paar krummeltjies suiker en 'n paar krummeltjies sout en peper en laat dit vir 'n dag lank, toe onder 'n lappie staan voor hy dit braai.
Finaliste
Die Mossel Bay Advertiser se gewilde braaibroodjie-kompetisie vind op 23 September by die restaurant, Koswerf op Hartenbos plaas. Dit was baie moeilik om uit al die inskrywings te kies, maar hier is die vyf finaliste:
- Pauli Pretorius - Pauli het 'n resep vir 'n basiliekrui en briekaas ingeskryf.
- Jacolean West - Haar broodjie bevat onder meer wildsvleis daarop.
- Adele Cornelissen - Adele gebruik onder meer roomkaas en soetmostert op haar braaibroodjie.
- Clarice Andries - Sampioene en roomkaas met knoffel word onder meer op Clarise se braaibroodjie gesit.
- Louis Pieterse - Hy gebruik graag vars gebakte brood en sit dan heerlike bestandele op.
Groot pryse is op die spel en inwoners word uitgenooi na die geleentheid. Meer besonderhede sal later bekend gemaak word.
Nataniël verkies slegs tamatie en uie op sy braaibroodjie en bedek dit eers vir 'n dag met 'n lap voor hy dit braai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’