Volgens omstanders het die ongeluk net voor 12:00 gebeur en was die bestuurder alleen in die motor. Dit wil voorkom asof die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Die voertuig het volgens alle aanduidings in die rigting van Albertinia gery. Dit het die pad verlaat en bo-oor 'n grensdraad gerol.
Noodpersoneel van verskillende nooddienste was gou op die toneel en is deur die SA Polisie en provinsiale verkeersbeamptes, onder andere, op die toneel bygestaan.
Die insittende, 'n man van Swellendam, word tans in die Mosselbaai hospitaal behandel.
.jpg)
Die voertuig het volgens alle aanduidings in die rigting van Albertinia gery. Dit het die pad verlaat en bo-oor 'n grensdraad gerol.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'