MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Kunstefees bied op Donderdag, 4 November 'n Saxophone à la Francaise vertoning in die Dias Museum aan.
Saxophone à la Francaise word beskryf as 'n ode aan Frankryk en 'n viering van plekke, wyn, kos, kuns, dorpe, berge, Comté kaas en musiek.
Die musikante is Adam Campbell op saksofoon en Antoine Ouvrard, wat hom op die klavier begelei. Adam Campbell is 'n gebore en getoë Suid-Afrikaner wat in Frankryk gaan studeer het en nou daar leef en werk as kunstenaar en onderwyser.
Hy tree dikwels by Franse feeste op en ook internasionaal in lande soos Kroasië, die Fillippyne en Haïti. Antoine Ouvrard word beskryf as 'n eklektiese musikant wat verskillende musiekstyle en kuns in sy musiekvertolkings saamvoeg en dit 'n unieke kwaliteit gee.
Beide musikante is pryswenners in internasionale musiek-kompetisies.
Kaartjies is R150 vir lede en R180 vir nie-lede. Die deure open om 18:00 vir die konsert wat 19:00 begin.
Dit is noodsaaklik om plek te bespreek om teleurstelling te voorkom.
Die kontaknommer is (064 963 9962).
Die Mosselbaai Kunstevereniging bied op Vrydag, 4 November die Saxophone à la Francaise! in die Dias Museum aan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'