MOSSELBAAI NUUS - 'n Boorling van Mosselbaai en ervare maatskaplike werker, Roeleen Coetzee, is gister na 'n kort siekbed oorlede.
Roeleen het vir jare by Creative Effective Families (CEF) gewerk. Sy was ook as maatskaplike werker by 'n gesondheidsentrum vir vroue in Marshstraat betrokke en het daarna 'n privaat praktyk van haar woning bedryf.
Roeleen was volgens geliefdes instrumenteel in die ondersteuning van Mosselbaaiers, wat oplossings vir persoonlike probleme gesoek het.
Kollegas het aan die Mossel Bay Advertiser gesê sy sal onthou word vir haar opregtheid, sagte hart en rustige teenwoordigheid.
Sy word oorleef deur haar man, Ben, en hulle drie seuns, Hendrik, Lategan en Benjamin asook haar drie skoondogters en vier kleinkinders.
Roeleen se gedenkdiens vind op Saterdag, 30 November, om 11:00 by die NG Kerk Mosselbaai-Suid plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’