MOSSELBAAI NUUS - Die duiwe van Mosselbaai-posduifklub se lede het die afgelope naweek gewikkel in die wedvlugte vanaf Victoria-Wes (330km).
Gert Wessels se duiwe het behoorlik huis toe gespoed want hy klok binne 23 sekondes sommer die eerste én tweede duif in die jongduif-afdeling van die klub.
Nuweling in die klub, Hannes Grové (Boemerang) klok enkele sekondes hierna die derde duif met Gillroy in die vierde en vyfde plekke en Wikus en Amanda Pretorius (Anouk) in die sesde plek. Hierdie ses duiwe is slegs 52 sekondes uit mekaar geklok.
Ope
In die ope afdeling het Fanie Mollentze die voortou geneem deur die eerste twee duiwe te klok met Daan Stander derde, Jan Marais vierde en sesde en Gillroy vyfde.
Juniors
Dit is egter nuweling in die junior afdeling, Marinus van der Mescht wat die manne aan die praat het oor sy duif wat die ope afdeling van die juniors inpalm maar ook spog met 'n beter tyd as die van die seniors se ope afdeling.
Marinus spog ook met die vyfde en sesde plekke in die ope met Tashinga Kadye in die tweede en Logan Boshoff in die derde en vierde plekke.
Tashinga palm die eerste plek in die jaaroud afdeling van die juniors in met Jula Meyer tweede, JW Schutte derde, Carel Grové vierde en Marinus vyfde en sesde.
Sprint
Die klub vlieg op Vrydae 'n sprint-wedvlug vanaf Victoria-Wes. Hier was dit Daan Stander wat die afgelope naweek die wenner geklok het met Alfie Ladson tweede, Cas le Grange derde en vierde en Gillroy vyfde tot sewende.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'