Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Ouer van 'n 14-jarige Hoërskool Sao Bras-leerder het verlede week 'n saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak ná 'n voorval waartydens haar seun na bewering aangerand is.
Die beskuldigde in die saak het Vrydag, 30 Mei, in die hof verskyn.
Sy saak is na 25 Augustus uitgestel, wanneer dit in die jeughof aangehoor sal word.
Die slagoffer se ma sê sy is bekommerd oor haar seun se veiligheid en emosionele welstand. Sy dring aan dat daar teen die leerder opgetree word. Volgens haar het haar seun beserings aan sy gesig en nek.
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het die voorval bevestig en gesê die betrokke leerder is sedertdien tydelik geskors na hy voor 'n dissiplinêne komitee verskyn het. Hy sal egter nog toegelaat word om eksamen te skryf.
Die departement het verder bevestig dat die slagoffer nie ook geskors is nie, maar dat hy nog nie teruggekeer het skool toe nie. Berading is vir die leerder aangebied.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’