Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai se Erfenisvereniging, onder leiding van voorsitter Carina Wiggel en Nicky Lodewyks het vanoggend 'n baie interessante gesprek met die leier van talle restourasieprojekte van afgeleefde stoomlokomotiewe, Bobby Rudman by die Voorbaai-loods van TNPA gedeel.
Rudman en sy span vakmanne het in die onlangse verlede reeds talle van die groot ou stoomlokomotiewe wat aan roes en vergetelheid oorgegee was, onder hande geneem en vir 'n prvaat-eienaar tot hul oorspronklike glorie herstel.
Hierdie gerestoureerde stoomlokomotiewe, beide steenkool en oliebranders, word tans in die Ceres-omgewing vir toerisme ingespan.
Mosselbaaiers kan gerus solank die eerste naweek in Desember boekmerk, want dan sal een van die gerestoureerde stoomlokomotiewe, Jessica, en haar tweeling Domonique te sien wees wanneer hulle Mosselbaai weer onder volstoom verlaat.
Jessica ondergaan tans 'n roetine-diens in Mosselbaai.
Kyk 'n video hieronder.
Mosselbaai Erfenis-lede tydens die besoek.
FOTO EN VIDEO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'