MOSSELBAAI NUUS - Talle buurtwagte het verlede naweek meer as 2 800km in een aand afgelê.
Dié buurtwagte is verbonde aan AfriForum se Mosselbaai-tak.
"Dié samekoms was tydens die jongste nasionale patrollie, waartydens AfriForum se veiligheidstrukture landswyd geaktiveer is om hoësigbaarheidsoperasies te doen, soos om onder meer konvooie en patrollies te ry of hommeltuigdemonstrasies te doen," lui 'n verklaring deur Afriforum.
Die AfriForum-buurtwagte in Glentana, Groot-Brakrivier, Midbrak en Danabaai het deelgeneem aan hierdie geleentheid en deur die nag patrollies in hul gemeenskappe gery.
Altesaam 142 buurtwaglede en 93 ander veiligheidsrolspelers het deur die loop van die aand hierdie gebiede gepatrolleer.
"Die Midbrak-buurtwag het egter die patrollie ’n stap verder gevat en ’n massiewe konvooi van altesaam 40 voertuie deur verskeie woonbuurte in die area begelei. Buiten ’n paar verdagte voertuie en persone wat onder die invloed van alkohol op straat gevind is, was daar geen ander noemenswaardige insidente tydens die massapatrollie nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’