MOSSELBAAI NUUS - 'n Persoon is gisteraand buite Twelas Tavern in KwaNonqaba vermoor.
Beide die vermoorde en verdagtes het in die taverne gekuier toe 'n bakleiery ontstaan het en wat buite die kuierplek voortgesit is.
3 Persone was elk met messe bewapen en die slagoffer is een keer met 'n mes gesteek en het voor die kuierplek aan sy wond beswyk.
2 Verdagtes is deur sersant Pontongwana en konstabel Padayachee aangekeer by 'n huis nie ver nie van die misdaadtoneel.
Die ondersoekbeampte is sersant Ndala.
"Baie goeie werk is gedoen deur die 2 lede," berig die bevelvoerende offisier van die KwaNonqaba-polisie se ondersoekeenheid, kaptein Ashley Michaels.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'