MOSSELBAAI NUUS - Ná berigte van mediese sowel as voedselprodukte wat op Tuinroete-strande uitgespoel het, is soortgelyke produkte ook vandag by Die Punt gesien.
Plaaslike inwoner Michael de Nobrega het daarop afgekom tussen die getypoel en Beacon Point en dit aan die nodige kanale gerapporteer.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het vroeër hierdie week gevra inwoners moet produkte rapporteer sou hulle daarop afkom.
"Daar word vermoed dat die produkte wat uitspoel, heel waarskynlik deel is van items wat verlore gaan uit skeepshouers wat tydens rowwe seetoestande van 'n vaartuig afgespoel is," het die munisipaliteit gesê.
Enige waarneming van items wat op strande uitspoel, moet by die volgende nommer gerapporteer word: 063 404 2128
Indien moontlik, verskaf ook die ligging (pin location) van die items.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’