MOSSELBAAI NUUS - ‘n Twee-en-dertigjarige man is vanoggend op Louis Fourieweg, Mosselbaai doodgery.
Polisiewoordvoerder, sersant Kapp sê die slagoffer is ‘n inwoner van Asla Park en het die pad naby die Danabaai-afrit gekruis toe hy deur ‘n silwer Eco Sport voertuig getref is.
Die voertuig het tydens die voorval in die rigting van Kaapstad beweeg.
Kapp sê die slagoffer is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek ‘n saak van stafbare manslag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'