MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vermeende verkragter is gisteraand in Asla Park op Mosselbaai deur ‘n boendoe-hof wreed aangerand.
Die 54-jarige man is omstreek 20:00 gisteraand deur lede van die gemeenskap omsingel, nadat hy na bewering probeer het om ‘n 7-jarige meisie te verkrag.
Volgens die polisie is die man ‘n veroordeelde verkragter en het hy reeds 9-jaar tronkstraf uitgedien nadat hy vroeër skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n middeljarige vrou.
Hy is met verskeie voorwerpe oor sy lyf en kop geslaan waarna die polisie tot sy redding gekom het.
Die man is in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal op Mosselbaai.
Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot verkragting.
Nog geen arrestasies is in verband met die aanranding op die man gemaak nie.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'