MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-Kunstevereniging bied op Donderdag, 15 Junie, die vertoning "Lynelle Kenned in Concert" aan, met een van Suid-Afrika se beste kruis-soprane, Lynelle Kenned en onder begeleiding van die pianis, Stefan Lombard.
Stefan het reeds op 16 sy debuut as solo-pianis gemaak het en later as dirigent.
Lynelle en Stefan deel 'n spesiale band en is baie gewild onder plaaslike gehore sedert hulle in 2014 hulle eerste toer in Engeland gehad het met die Kaapse Opera, Showboat. Hulle het op verskeie produksies saamgewerk, wat David Kramer se Orpheus in Africa, Valentines under the Stars, Divas Unite en die Cape Philharmonic Community Gala Spectacular Concerts, insluit. Die duo het onlangs opgetree by 'n gala-geleentheid in die ondergrondse grotte van die Guray Ceramic Museum in die skilderagtige dorpie, Cappadocia in Turkye.
"Lynelle Kenned in Concert" begin om 19:00 by die Klipkerk in Mosselbaai. Besprekings is noodsaaklik en kan op 064 963 9962 gemaak word.
Lynelle Kenned en Stefan Lombard tree op 15 Junie by die Klipkerk in Mosselbaai op in die vertoning "Lynnelle Kenned in Concert".
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’