MOSSEL BAY NEWS - Die volgende algemene verklaring oor die stand van sake met Louis Fourieweg se padwerke, word binnekort van die departement van infrastruktuur verwag.
Volgens die departement sal die verklaring onder meer uitbrei oor die verlenging van die sluiting by Garretstraat.
Dit sal ná verwagting tot 20 Maart gesluit wees. Die hoofrede hiervoor is meer komplekse items as wat aanvanklik verwag is. Die oplossings neem dus langer om te implimenteer.
Volgens die department is dit nie ongewoon in so 'n komplekse area met verskeie dienste wat dalk nie sigbaar is vir die publiek nie.
Die verklaring sal ook inligting bevat oor wanneer die nuwe N2 op- en afrit sal oop wees en dus nie meer by Shell gaan verby loop nie.
Verder kan algemene inligting oor die nuutste voltooiingsdatum, die begroting en werksgeleenthede verwag word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’