JONKERSBERG NUUS - Die liggaam van ‘n 22-jarige bibliotekaresse is gistermiddag op Jonkersberg gevind.
Die polisie het bevestig dat Clodine Nuys se liggaam om 18:15 agter die Jonkersberg Kleuterskool gekry is.
Sy het op haar maag gelê en haar voete was met kleefband vasgebind. Volgens polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha, was Nuys se mond met kleefband toegeplak en daar was ‘n kabelband om haar nek.
Nuys se selfoon en die sleutels van die biblioteek word vermis. Nuys het alleen gewerk as bibliotekaresse by die Jonkersberg Biblioteek en is laas lewend gesien toe sy die huis van haar vriend by wie sy gewoon het, om 07:00 gisteroggend verlaat het.
Inwoners het omstreeks 16:00 na haar begin soek toe sy nie haar selfoon geantwoord het nie.
Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van moord.
Nog niemand is in verband met Nuys se moord in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Die polisie kon nie bevestig of sy verkrag is nie.
'Ons bring jou die nuutste Jonkersberg, Tuinroete nuus'