RIVERSDAL NUUS - Die liggaam van 'n inwoner van Riversdal is Saterdag, 20 Junie in die Goukourivier gevind.
Volgens konstabel Venia Daries, die plaaslike polisie se kommunikasiebeampte is die ontdekking omstreeks 08:10 gemaak.
"Die liggaam is uitgeken as dié van die 33-jarige Ricardo Andrew Juta van Langstraat en is naby Vetterivierrylaan in die water gekry."
Enigiemand met inligting oor die saak kan die ondersoekbeampte, kst Calvin Mnisi (028 713 8500) kontak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'