MOSSELBAAI NUUS - Die Ironman 70.3-kompetisie wat Sondag na Mosselbaai kom, gee nie net vir die dórp 'n ekonomiese inspuiting nie, maar ook vir liefdadigheid.
Twee spanne wat help om die liefdadigheidsaspek te bestuur, is die Iconic Ysters en Eden Protocol.
Die Iconic Ysters bestaan uit Mosselbaai se burgemeester, Dirk Kotzé, sy mediabeampte, Aydn Parrott en Lieschke Steven-Jennings, die bestuurshoof van Mosselbaai-toerisme.
Eden Protocol beskryf hulself as 'n besigheid en nie-winsgewende organisasie (NWO). Daar is 'n paar atlete wat die hele byeenkoms onder Eden Protocol se vaandel sal aanpak, maar die span wat elk 'n been daarvan sal voltooi bestaan uit Francois Botha, Emile Nel en Ann Strauss.
Dié drie dra verskeie hoedjies in hul professionele lewens, maar is ook almal lede van Eden Protocol.
Die span samel natuurlik vir dié NWO-been (Eden Protocol Foundation) geld in, terwyl die Iconic Ysters vir drie verskillende organisasie geld insamel. Dit sluit die Ethan Project, Creating Effective Families (CEF) en die Eden Protocol Foundation.
Van links is lede van die Eden Protocol-span, Francois Botha, Ann Strauss en Emile Nel en die Iconic Ysters, Lieschke Steven-Jennings, Aydn Parrott en Dirk Kotzé.
Mossel Bay Advertiser het verlede jaar berig dat liefdadigheidsorganisasies op Mosselbaai 'n skenking van R250 000 ontvang het na die 2023-weergawe van dié byeenkoms.
Aan die ekonomiese front het die burgemeerster in Augustus bevestig Mosselbaai sal vir nog drie jaar (2025-2027) die Ironman aanbied.
Francois Botha en burgemeester Dirk Kotzé sal die fietsry aanpak.
"Dit beloof om op die sukses wat vorige geleenthede en die positiewe inspuiting (net oor R50 miljoen in 2023) van die Ironman in ons plaaslike ekonomie te bou."
In 2023 het 2 382 atlete vir die Ironman geregistreer en gemiddeld 3.2 mense vergesel so 'n atleet.
Dit bring die totale besoekers na die dorp gedurende die Ironman na 7 622. Dit is volgens statistieke deur Ironman se projekbestuurder, Werner Smit.
Emile Nel en Aydn Parrott hardloop vir hul spanne.
Vir die Ironman-tydperk, moet al hierdie mense natuurlik slaapplek kry en ook eet. Volgens Smit se terugvoer na afloop van verlede jaar se kompetisie, is atlete se ervaring van Mosselbaai oorheersend positief en styg die dorp bo die gemiddeld wanneer dit vergelyk word met ander areas waar die Ironman aangebied word.
Smit sê hy sal terugvoer verskaf oor vanjaar se inspuiting sodra die Ironman verby is en die nodige ontledings gedoen is.
* Die volgende paaie word gedurende die Ironman geaffekteer:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’