Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Leah-Rose van Staden, van Mosselbaai, is twee jaar gelede gebore, met 'n regterbeen wat nie ten volle ontwikkel het nie.
'n Gedeelte is later geamputeer. Die vingers aan beide van haar hande het ook nie volledig ontwikkel nie.
Sy het in Augustus verlede jaar 'n kunsbeentjie gekry.
Leah-Rose en haar ouers, Reagan en Lenor Mcbean, en boetie Lincholn, het op Donderdag, 27 April, deelgeneem aan die Blue Run Fun Walk, wat gehou is om die einde van die Outisme Bewusmakingsmaand te vier.
Leah-Rose is nou by die Zettie Hulpsentrum in Aalwyndal en volgens haar ma gaan dit baie goed met haar en is hulle baie tevrede. Lenor vertel dat die skool baie goed is vir haar, hulle gee baie aandag aan en liefde vir haar.
"Sy kry al die terapie wat sy nodig het en as daar iets fout is, sal hulle ons dadelik laat weet. Dit gaan goed met die been, sy oefen elke dag daarmee en het ook nou twee krukke gekry, maar sy sukkel om met haar handjie dit vas te hou. Sy gaan nou in September vir 'n operasie om aan die hand te werk," het Lenor gesê.
Die familie is baie tevrede met haar vordering.
Vorige artikels:
- Leah-Rose ontvang kunsbeen met voetjie aan
- Leah Rose laat haar nie stuit
- Vroue blom by funksie vir klein Leah-Rose
- Leah-Rose vorder
- Leah-Rose wil voluit leef
VIDEO - Leah-Rose vorder goed met haar kunsbeen. Sy was saam met haar gesin by die Blue Run in haar rystoel.
Leah-Rose van Staden en haar ouers en broer kom by die eindpunt aan van die Blue Run Fun Walk wat op 27 April gehou is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’