Gallery Update
MOSSELBAAI NUUS - Daar was glo kwalik 'n droë oog te sien toe Leah-Rose van Staden haar opwagting op die rooi tapyt gemaak het tydens 'n fondsinsamelings-geleentheid wat vir die peutertjie gehou is. Leah-Rose is gebore met 'n amniotiese band-sindroom wat haar groei belemmer het.
Sy is in Junie 2020 gebore, met slegs 'n linkerbeentjie. Haar handjies is ook geaffekteer. Leah-Rose het reeds in Junie 2021 haar eerste van 'n reeks operasie gehad om haar lewenskwaliteit in die toekoms te verbeter.
Op 30 April, het vroue die D'Almeida-gemeenskapsaal vol gepak tydens 'n geleentheid om fondse vir Leah-Rose in te samel, met die tema Through it all.
Sprekers Anita Pieterse en Annabell October het onder meer as sprekers tydens die geleentheid opgetree.
Die organiseerders van die geleentheid Michelle Saayman en Bronwyn, is groot lof toegeswaai vir hulle uitstekende werk om die geleentheid 'n spesiale ervaring te maak.
Organiseerder Michelle Saayman (links) saam met van die gaste.
"Ons bedank al die borge, individue, besighede en ook die leierskap van ons dorp wat hierdie geleentheid op een of ander manier ondersteun het," berig Saayman.
FOTOGALERY: Fondsinsameling aangebied vir Leah-Rose van Staden
Die vroue teenwoordig het ook na afloop van die geleentheid gesê tot watter seën die byeenkoms vir hulle was.
"Ek glo elke vrou wat die aand bygewoon het, het dit geniet. Vir my persoonlik, was dit goed en 'n groot eer om in die teenwoordigheid van sulke kragtige vroue van God te wees. Ek is geïnspireer," het Leah-Rose se ma, Lenor gesê.
Reagan McBean, Lenor van Staden en Leah-Rose arriveer by die geleentheid in 'n spesiale voertuig.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'