Update
MOSSELBAAI NUUS - Die landbouer van Herbertsdale wat 'n borgtogaansoek in die Mosselbaaise landdroshof bring nadat hy gearresteer is op klagtes van onder meer, poging tot moord, sal eers Donderdag hoor of sy aansoek slaag.
Frik Muller is tot Donderdag, 22 Maart steeds in aanhouding.
Landdros Cifton Maseti het aangedui dat hy Donderdag sy besluit bekend sal maak nadat hy vandag betoë van die staatsaanklaer en verdediging aangehoor het.
Muller word daarvan beskuldig dat hy by drie gevalle mense op sy plaas dou aangerand en die huis waarin hulle op sy plaas bewoon, beskadig het.
Lees vorige artikels:
- Borgtogaansoek vandag weer voor die hof
- Opvolg: Borgtogaansoek uitgestel
- Slenterspul met borgaansoeke in hof ontbloot
- Opvolg: Borgtogverhoor van boer
- Boer se borgtogaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'