MOSSELBAAI NUUS - Mooiste Jy, 'n skoonheidsmaatskappy in Mosselbaai, bied op 25 Oktober 'n produksie, Lag en Prag met Craig du Toit Nel, in die Mosselbaai-stadsaal aan.
Die funksie is ten bate van die Mosselbaai-DBV.
Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by Mooiste Jy, Marshstraat 5 in Mosselbaai.
Daar sal heerlike kos en wyn wees en 'n geskenksak. Dit is 'n wonderlike geleentheid om op te tof en gaste word aangemoedig om formeel aan te trek. Die funksie begin 18:00 vir 18:30.
Kontak 071 361 8049 vir kaartjies of verdere inligting. Groepbesprekings van 10 persone per tafel kan ook bespreek word.
Kaartjies is ook by die Mosselbaai-DBV beskikbaar. Kontak ook vir Gerda (071 875 1569) van die DBV om enkelkaartjies of 'n tafel te bespreek. "Ek kan die kaartjies aflewer," sê Gerda.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'