Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Saterdag 18 September en Sondag 19 September is die laaste twee dae om te registreer vir die plaaslike verkiesing van 2021.
Registrasiestasies is reeds vandag oop en sal môre dieselfde tye oop wees tussen 08:00 en 17:00.
Jy kan slegs stem in die kiesafdeling waarin jy geregistreer is.
Fotogalery: Registrasie vir plaaslike verkiesing
Jy benodig jou ID dokument en volledige beskrywing van jou adres waar jy woonagtig is tesame met jou selnommer en e-pos adres indien van toepassing.
Kiesers kan ook aanlyn registreer en seker maak van hul registrasie status by https://www.elections.org.za/.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'