MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit doen 'n beroep op die gemeenskap om klere te skenk vir die klerebank wat deur die gemeenskapsontwikkelingsafdeling bedryf word.
Die skenkings word uitgedeel aan behoeftige mense of om die slagoffers van brande of ander rampe te help.
Enige skenking is welkom, maar tans is daar veral 'n tekort aan mans- en vroueklere in die kleiner groottes (30, 32 en 34). Klere vir kinders van alle ouderdomme sal ook waardeer word.
Die gemeenskap wat kan help of meer inligting wil bekom, kan vir Ashdean Thomas by die munisipaliteit op 044 606 5223 of athomas@mosselbay.gov.za kontak.
Die klere kan by die Hartenbos munisipale kantoor afgegee word of sal afgehaal word indien nodig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'