Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Bus, wat leerders van Albertinia terug na Vleesbaai vervoer het, was Maandag ná die skooldag buite Gouritsmond in 'n ongeluk betrokke.
Beseerde leerders is na hospitale op Mosselbaai en Riversdal vervoer.
Na wat verneem word is nie een van die insittendes ernstig beseer nie. Al die leerders wat in die ongeluk betrokke was en vir skok en ligte beserings in hospitale behandel is, was met die ter perse gaan reeds ontslaan. Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Mosselbaai-raadslid van Wyk 11, Nickey le Roux, het die mediese personeel bedank.
"Hulle het met soveel omgee die leerders versorg en ouers en naasbestaandes bygestaan by die hospitale. Dit was veral verblydend om te sien hoe ander ouers hulp aangebied het en hoe die gemeenskap mekaar ondersteun het. Wyk 11 kon darem hulp aanbied met 'n warm eetdingetjie en koeldrank."
Le Roux het ook vir Arthur Cloete van Vleesbaai bedank, wat op die ongelukstoneel behulpsaam was en die kinders se ouers gekontak het om terugvoer oor die leerders se toestand te gee.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’