Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Hofmasjien wat probleme gegee het, het Maandag tot gevolg gehad dat die borgaansoek van 'n 25-jarige man wat van die besit van kinderpornografie aangekla word, weer eens in die Mosselbaai-landdroshof uitgestel is.
Die verdagte is reeds sedert 2 Februarie in aanhouding en wag om te hoor of sy borgaansoek toegestaan word.
Hy is by sy woning in Da Nova in hegtenis geneem. Meer as 48 eksplisiete foto's van kinderpornografie, wat meestal dade met kleutermeisies wys, is op sy selfoon gevind.
Nog toestelle wat aan die verdagte behoort, is deur die polisie gekonfiskeer.
Die staat staan borgtog teen weens die erns van die misdrywe.
Die verdagte se prokureur voer aan dat borgtog aan hom toegestaan moet word en dat die hof streng voorwaardes in plek kan stel. Die saak is uitgestel na 3 Mei.
Vorige artikels:
- 'Alles kan deesdae aanlyn bestel en afgelewer word, kinders insluitend'
- Kinderpornografie 'uitsonderlik grusaam'
- 1,2 miljoen foto's op kinderporno verdagte se toestelle moet nagegaan word
- Kinderpornografie: 2 aparte sake in die hof
- Kinderporno-verdagte staar reeds 44 aanklagte in die gesig
- Mosselbaaier vas in Internasionale Kinderporno-ondersoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’