MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit het op 15 Februarie in beginsel die sekondering van die direkteur van korporatiewe dienste, Edward Jantjies na die provinsiale regering goedgekeur.
Jantjies het as administrateur vir Kannaland-munisipaliteit 'n groot bydrae gelewer om die omkeerstrategie en herstelplan vir Kannaland-munisipaliteit te implementeer.
Sedert 1 Augustus is Jantjies egter met groot entoesiasme by die Mosselbaai-munisipaliteit terug verwelkom nadat die termyn vir sy sekondering verstryk het.
Jantjies beskryf die geleentheid om as administrateur op te tree as 'n besondere uitdaging en groot leerkurwe en berig dat hy opgewonde is om weer die leisels te neem by die direktoraat korporatiewe dienste.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'