Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Inwoners op Groot-Brakrivier het 'n petisie opgetrek om die spoedgrens op die R102, ook bekend as die ou lughawepad, tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier te verlaag.
Dit volg nadat 'n fietsryer en plaaslike inwoner, Billy van Rooyen (64) op Dinsdag, 2 Februarie op die pad doodgery is. Die huidige spoedgrens is 100km per uur.
Inwoners vra nou dat die spoedgrens na minstens 80km per uur verlaag word. Verskeie inwoners het reeds die petisie onderteken.
Stappers- en drawwers wat bedags op Groot-Brakrivier oefen, sê die gedeelte langs die R102 om die Brak is uiters gevaarlik.
Inwoners sê vragmotors gebruik die roete en kom soms met 'n spoed verby die inkopiesentrum in die rigting van die George lughawe.
Kyk 'n video hieronder:
Inwoner, Dee Disney is betrokke by die optrek van die petisie. "Inwoners kan die petisie teken en ons so help om 'n verskil te maak."
Die petisie kan hier besigtig word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'