MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Reebok wat sedert Julie vanjaar gehospitaliseer is en later by die Vidamed privaat hospitaal rehabilitasie ontvang het, is op 2 Desember na maande se behan-deling betyds vir Kersfees ontslaan.
Christo Kitching (66) het onder meer 'n klepvervanging ondergaan.
Hy is op 22 Julie by die Life Bay View privaat hospitaal opgeneem.
Hy bedank sy Hemelse Vader vir genade asook die spesialiste, dokters, en verpleegpersoneel wat hom vir maande lank behandel het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'