Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Die Nomads-motorfietsklub van Kaapstad bied gedurende die naweek van 12 tot 14 April 2019 die Buffalo-Rally by die ATKV-oord, Hartenbos aan.
Dit is die veertiende keer dat die Buffalo-Rally in Mosselbaai gehou sal word aangesien die dorp baie gewild by motorfietsryers is.
Daar moet in ag geneem word dat, aangesien duisende motorfietsryers die dorp gedurende daardie tydperk sal besoek, die gebeurtenis uiteraard met 'n mate van ongerief en frustrasie gepaard sal gaan.
Die organiseerders tref die nodige maatreëls binne hul vermoë om hierdie ongerief uit te skakel of te verminder, maar doen 'n beroep op die gemeenskap om geduldig te wees.
"Ons is bewus daarvan dat een van die grootste redes vir hierdie ongerief, die geluid van motorfietse is wat laatnag en tot in die vroeg-oggendure wat hulle enjins onnodig tot hoë revolusies opjaag of rev. Ons wil u verseker dat ons, ons bes doen om hierdie aktiwiteite te beperk maar met die grootte van die kampterrein is dit byna onmoontlik om dit stop te sit. Soos in die verlede, hoop ons dat die inwoners die naweek soveel sal geniet as wat die baie motorfietsryers doen wat jul mooi dorp gaan besoek," sê Luderick Jacoby, voorsitter van die Nomads-motorfietsklub.
Die publiek is welkom om op Saterdag, 13 April om 12:00 by die Garden Route Casino te gaan kyk na die aanskoulike motorfietse wat tydens die concour d' elegance ten toon gestel gaan word.
Die briljante Le Riche Brothers sal ook weer hulle aanskoulike toertjies uitvoer.
Die motorfiets-massarit vind plaas op Saterdag, 13 April om 11:00 en vertrek van buite die ATKV-oord. Dit volg 'n sirkelroete om die Punt, deur KwaNonqaba en weer terug na die kampterrein.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'