Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Honderde inwoners het vanoggend na Hartenbos opgeruk as deel van die #BlackMonday-veldtog teen plaasmoorde en geweldsmisdade in Suid-Afrika.
Die uitvoerende onderburgemeester, Dirk Kotzé, gaan 12:00 hier 'n petisie van die landbouers ontvang.
'n Konvooi trekkers wat vroeg vanoggend uit Herbertsdale vettrek het, het ook pas op Hartenbos aangekom te midde van groot toejuiging.
Almal met wie die Mossel Bay Advertiser sover gepraat het, is dit eens dat die nasionale regering moet optree teen die vlaag geweldsmisdade.
Tans heers 'n joviale atmosfeer terwyl die steeds groeiende skare wag op die amptelike formaliteite.
Wanneer die optog uit Hartenbos vertrek, sal die trekkers weer die groep lei, maar dié keer sal die groep met Louis Fourieweg tot by Kerstraat en dan met Marshstraat weer tot in Louis Fourieweg in die rigting van Herbertsdale vertrek.
Kyk 'n video hieronder.
Lees vorige artikels:
• 2de saamtrek teen misdaad
• Verenig teen misdaad
Die skare in Hartenbos groei! Foto's: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'