Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Groot groep inwoners het sedert 06:00 op Maandagoggend by die Punt onder die St Blaize-grot vergader in protes teen die toenemende vlaag geweldsmisdade wat ook al hoe meer brutaal raak.
Mosselbaai se onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé het die groep toegespreek.
Hy sê Mosselbaai het verenig om hul weersin teen geweldsmisdaad, nie net teenoor landbouers nie, maar teen alle Suid-Afrikaners, te toon.
Ds Gielie Joubert het skriflesing en gebed gedoen voor die groep in 'n massa-optog om die Punt gestap het.
Kyk 'n video hieronder.
Vroegvanoggend, 30 Oktober, by die Punt, Mosselbaai.
Lees 'n verwante artikel: 2 Saamtrekke teen misdaad Mandag
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'