Video
MOSSELBAAI NUUS - 'n Tweede byeenkoms waar inwoners aan die landwye veldtog teen geweldsmisdade (veral plaasmoorde) deelneem, vind vanoggend in Hartenbos plaas.
Die Hartenbos-byeenkoms sluit af met 'n optog waarna die groep 'n petisie aan die plaaslike owerheidsverteenwoordigers en die polisie sal oorhandig.
Honderde voertuie, insluitend trekkers en vragmotors, neem aan die optog deel.
Die N2 buite Mosselbaai is in beide rigtings gesluit.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
Lees 'n artikel oor die vorige saamtrek in Mosselbaai hier: Verenig teen misdaad
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'