HERBERTSDALE NUUS - “Dit is vandag lekker om ‘n nuwe skoolhoof op die eerste dag van die 2020 akademiese kalender op Herbertsdale welkom te heet,” het Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal gesê toe hy ‘n verrassingsbesoek aan die laerskool gebring het.
Die besoek aan Herbertsdale was tweeledig.
Die burgemeester het hom vergewis van die watertekort op die dorp en het ook die leerders en veral koshuisgangers van Laerskool Herbertsdale aangemoedig om baie spaarsamig met water te werk.
Met die aanvang van die nuwe skooljaar het Laerskool Herbertsdale ook 60 koshuisleerders verwelkom. Dit het opnuut watervoorsieningsuitdagings geskep. Die skool en koshuis word egter vanuit die kleiner reservoir van drinkwater voorsien. Tog het die munisipaliteit ‘n hoeveelheid 5 liter houers met water aan die skool geskenk sodat elke koshuisleerder ‘n kennetjie het waarmee water ook by die dorp se opgaartenks gehaal sal kan word, indien nodig.
“Ek moet vir die leerders, die onderwysers en die skoolgemeenskap van Herbertsdale vra om baie spaarsamig met water te werk."
Mosselbaai uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal by leerders van Laerskool Herbertsdale.
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'