HARTENBOS NUUS - Hartenrus-aftreeoord het op 'n koue aand in Julie sy jaarlikse sop- en sjerrieaand gehou.
Die aand is opgekikker deur die sanger, Michael Lindt, wat die inwoners op ou gunstelinge uit vervloë dae trakteer het.
Hy het ook op aanvraag spesiale liedjies gesing. Een inwoner, Johann Posthumus, het self die kans gekry om met Lindt die mikrofoon te deel.
Die sop, sjerrie en genoeglike samesyn het die koue sommer vinnig verdryf.
Komiteelede Douw Coetsee, Marie van Nierop, Lenie Meintjes en Lieb du Raan sê hulle is dankbaar die aand het goed afgeloop.
Komiteelede Douw Coetsee, Marie van Nierop, Lenie Meintjes en Lieb du Raan.
Johann Posthumus en Michael Lindt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’