Breaking News Gallery Video
MOSSELBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Die vermoede bestaan dat 'n persoon sy eie lewe kon geneem het deur van die brug oor die Gouritzrivier te spring.
'n Verlate voertuig is op die brug oor die rivier op die N2 aangetref met omstandighede wat die vermoede laat dat die bestuurder van die voertuig waarskynlik sy of haar eie lewe kon geneem het.
Personeel van die Wes-Kaapse Forensiese Dienste en lede van die EMS beweeg tans teen die kranse af na waar die vermoede bestaan dat 'n liggaam mag wees.
Kyk 'n video hieronder.
Meer inligting volg sodra beskikbaar.
Personeel van die Wes-Kaapse Forensiese Dienste en lede van die EMS beweeg tans teen die kranse af na waar die vermoede bestaan dat 'n liggaam mag wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'