Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Groot opwinding het vandag (Woensdag 29 Augustus) in Oudtshoorn geheers toe die jaarlikse Garden Route Golden Oldies hier begin het.
Deelnemers, wat almal 60 jaar en ouer is, is van oor die Suid-Kaap heen en sluit Ladismith, De Rust, Dysselsdorp, Bitou, Hessequa, George, Mosselbaai en Knysna in.
Die spele is in 2005 deur die departement sosiale ontwikkeling begin met die doel om ouer persone te help om aktief te bly in hul goue jare.
Die departement Sport- en kultuusake het die spele die jaar in samewerking met die Wes-Kaapse forum vir ouer persone op die De Jagersportterrein aangebied.
Voor die deelnemers aan die items kon deelneem het Katie Scheepers (65) en haar trompoppies oudergewoonte die toeskouers met hul flinke stappies vermaak.
Die items waaraan die bejaardes deelgeneem het sluit onder meer jukskei, 100m, 500m,en aflos items, diee eendstap en dress up in.
'n Span sal na Woensdag se verrigtinge gekies word wat Oktobermaand in die Vrystaat aan die Nasionale kamioenskappe sal deelneem.
Kyk videos hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'