MOSSELBAAI NUUS - Twee gewapende mans het vanoggend, Woensdag 21 Junie, omstreeks 11:00 ‘n klerewinkel langs Mikeva in Bill Jeffrey-rylaan beroof.
Polisiewoordvoerder, sers Chris Spies het die voorval bevestig en sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes in die winkel ingestap het en personeel met ‘n vuurwapen gedreig het.
Die verdagtes het geld geëis voordat hulle met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug het.
Spies sê die verdagtes het in ‘n Toyota Quantum-minibus gevlug.
Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Die Da Gamaskop-polisie ondersoek ‘n saak van besigheidsroof.
Die ondersoekbeampte in die saak doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat die polisie kan om die verdagtes op te spoor.
Enigiemand met inligting kan die polisie by ?044 606 2230? of Crime Stop by ?08600 10111? kontak.
Die ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’