MOSSELBAAI NUUS - Gesondheidswerkers het sedert verlede week in volsterkte deelgemeen aan 'n bewusmakings- en skanderings-veldtog vir die bekamping van die Covid-19-virus se verspreiding. Wêreldgesondheidsdag is op 7 April gedenk.
Vanjaar is die tema opnuut gefokus op gesondheidswerkers, soos veral verpleegpersoneel en die onmisbare rol wat hulle in gesondheidsorg speel.
"Ons wil graag al ons personeel bedank (klinies en ondersteuningsdienste) wat ten spyte van uitdagende omstandighede hul bes doen om die bes moontlike diens aan ons gemeenskap te lewer. Ons besef dat dit 'n ekstra moeilike tyd is met die inperking, en ons waardeer julle moeite om reëlings te tref om nogsteeds elke dag aan diens te wees.
Julle word opreg waardeer. Ons waardeer ook die opoffering wat jul gesinne en geliefdes maak in hierdie tyd. Gelukkige Gesondheidswerkersweek," sê Paul Ruschenbaum, mediese bestuurder vir Mosselbaai sub-distrik.
Mosselbaai is die eerste dorp aan die Tuinroete waar skandering vir die Covid-19-virus verlede week begin het. Skandering het vandeesweek voortgeduur.
Die span gesondheidswerkers wat sedert verlede week getaak is met deur-tot-deur-veldtog en skandering vir die bekamping van die Covid-19-virus se verspreiding.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'