MOSSELBAAI NUUS - 'n Stap vir Kanker vind plaas op 23 September in die Ruiterbos-omgewing.
Die begin en eindpunt is Ruiterbosch Lodge op die R328, omtrent 30 kilometer van Hartenbos.
Die koste is R30 vir volwassenes en skoolgaande kinders.
Inskrywings begin om 07:30 en die wegspring is 09:00. Daar sal waterpunte langs die staproete wees en boereworsrolle, koeldrank en koffie sal te koop aangebied word.
Deelnemers kan uitsien na gelukstrekkings. Die stappie word deur die NG gemeente, Brandwacht, aangebied. Vir meer inligting, kontak Liesel (083 422 2141) of Jeanette (082 812 2797).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’