Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Plettenbergbaai-polisie het die voertuig wat na bewering vanoggend in Mosselbaai gekaap is, omstreeks 07:45 buite Plettenbergbaai afgetrek.
Volgens kapt Wollie Fourie was die eienaar van die voertuig saam met die verdagtes en beweer hy nou hy is nie gekaap nie.
Fourie sê hulle ondersoek alle beweringe en indien die klaagster 'n vals verklaring afgelê het, kan sy strafregtelik aangekla word.
Die voertuig en al die insittendes is by die Plettenbergbaai-polisie.
Die ondersoek duur voort.
Lees 'n vorige artikel: Kaping in Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'